A.K.A: AFRIKAANSE KULTUURFEES AMSTERDAM 8 t/m 10 April 2016

 

Yellow WEBSITE TOP LOGO 1.2www.aka.festivalvoorhetafrikaans.nl

Die derde editie van die Afrikaanse festival vind plaas van Vrydag aand 8 April 2016 tot en met Sondag 10 April 2016 in die Compagnietheater, Amsterdam.

Saterdag aand 9 April is daar ook ‘n Rock/hiphop aand in De Melkweg, Amsterdam.

Donderdag, Saterdag, Sondag en twee weke na afloop van die A.K.A fees is daar ook nog ‘n program vir in die Zuid-Afrikahuis.

Sondag 17:30-20:00 is er ook ‘n film van Abraham vertoning by Rialto Cinema.

Ons nuwe ‘huis’ gevind in die Compagnietheater in Amsterdam. Die pragtige teater pas perfek by ons veelsydige program en nuwe visie!

Ons vergroot ook die program om nuwe opwindende programinhoud te inisieer. In 2016 sal daar ‘n besonder seleksie Afrikaanstalige Films & Dokumenteres vertoond word in die Kleine Zaal van die Compagnietheater én sal daar ook Dans en meer Teater produksies aangebied word in Groten Zaal van die Compagnietheater!

Loer graag na ons Facebook-blad vir meer inligting en interessante nuus! Skryf jou ook in vir ons nuusbrief (regs).

Die program kan u hier vind vir die Compagnietheater, De Melkweg, Zuid-Afrikahuis, Rialto, Roode Bioscoop:

NL- Klik hier voor de festival programma in pdf formaat

Programma: 7 & 8 april 2016

Programma: 9 april 2016

Programma: 10 april 2016

Die foyer van die teater sal tydens die fees omgetower word tot die lekker kuier plek: Bo-Kaap Kafe. Hier sal Suid-Afrikaanse (warm en koue) geregte en wyne te koop wees in die Bo-Kaap Kafe.

Vir meer inligting kontak Carina Claassens (carina@festivalvoorhetafrikaans.nl; +31 6 3397 1812) of Gideon van Eeden (gideon@festivalvoorhetafrikaans.nl; +31 6 4709 3009).

Comments

comments