Boodskappers

Van Coke KartelWambüseun

13 Junie 2013 @ De Melkweg, Amsterdam. 19:30-23:30                                                                   Net één aand in Amsterdam! Boodskappers, ‘n fees van musiek en taal, en ‘n eksplosiewe energie tussen publiek en kunstenaars! Boodskappers sal op Donderdagaand 13 Junie in die Amsterdamse Melkweg die bruisende begin wees van die Festival voor het Afrikaans 2013. Hierdie aand word mede moontlik gemaak deur MK.

Laat jouself deur akrobate en dansers na die dramatiese, maar tegelyk ook meesleurende atmosfeer van die straatteater-kultuur voer. Bring jou boa saam, dra ‘n dieremasker, sit blinkers in jou hare, of dra daardie neonpruik wat nog iewers agter in jou kas lê… Verras jouself en word verras. Beleef soos nog nooit tevore nie, ‘n vertoning met Suid-Afrikaanse rock, hiphop en rap. It’s time to JUMP! ‘n Deel van die opbrengs van die kaartjiesverkope word gedoneer aan Orange Babies.nl. Omdat geen enkele kind dit verdien om met HIV gebore te word nie.

Kunstenaars wat aan hierdie besondere aand meewerk is: Bittereinder&Tim Beumbers, Van Coke Kartel, Jack Parow en Wambüseun. Met gas kunstenaars: Kern Revolutionaire Zaken, Luna Paige, Nuff2Gain

Kaartjies is al beskikbaar op die webwerf van De Melkweg. Like ons op FB events
BittereinderJack Parow

Boodskappers 13 Junie 2013

Comments

comments