karoo kafee die kuier plek

afrikaansDie Karoo Kafee sal die middelpunt wees van die Festival voor het Afrikaans. Die foyer van die Theater aan het Spui sal tydens die fees omgetower word tot die perfekte kuierplek. Natuurlik kan jy by die kroeg ‘n drankie kry. Maar jy kan baie meer as net drankies kry!
Daar sal heerlike Suid-Afrikaans kos (warm en koud) en lekker Suid-Afrikaanse wyn (met wynproe) wees; verder kan jy ook kuns bewonder (en koop), sal daar gepaste musiek wees om na te luister, ‘n ope podium beskikbaar wees, en kan jy boeke en cd’s koop.

Die ruimte sal stylvol ingerig word met kuns van From Africa with love, Carina Claassens, Francois de Plessis en Us two design.

Boonop sal die fees met egte Suid-Afrikaanse spyseniering spog. Die Suid-Afrikaanse restourant, Tjing TjingTjing Tjing uit Amsterdam sal vars boerewors maak, maar daar sal ook soet suksesnommers soos malvapoeding of koeksisters wees om van te geniet! In die naweek sal daar in die middag ‘n wynproe georganiseer word.

André Koning se webwinkel Boerewors.nl sal ook by die Karoo Kafee fisies teenwoordig wees. Dié plek vir biltong, droë wors en chillibites!

Ons hoof wynborg FirstCape Wines sal vir die geleentheid ‘n paar besondere wyne beskikbaar stel. Die wyne wat u tydens die wynproe leer ken kan natuurlik ook gekoop word. En behalwe vir die wynproe, kan u by die kroeg, teen betaling, ‘n goeie glas Suid-Afrikaanse wyn geniet.

‘n Keuse uit Suid-Afrikaanse boeke sal deur NB-uitgewers te koop aangebied word in die Karoo Kafee. Die Afrikaans-Nederlands woordeboek sal ook daar verkrygbaar wees.
Die gasouteurs sal natuurlik ook die geleentheid kry om hul werk te verkoop, maar die beskikbaarheid sal afhang van die outeur en sy of haar uitgewer.

Dieselfde geld ook vir die kunstenaar wat tydens die fees optree en die geleentheid sal kry om hul cd’s te verkoop. Verder sal die cd’s uit die reeks Tussen Kontinente ook verkrygbaar wees – ‘n reeks wat die beste Afrikaanse kunstenaars bereikbaar maak vir die Nederlandse publiek.

Fist Cape Wines Restaurant Tjing Tjing NB uitgewers  Carina Claassens Arts   From Africa With Love / Francois du PlessisTussen Kontinenteus2wearLOGO

Comments

comments