Festival voor het Afrikaans 2011

Die eerste Festival voor het Afrikaans is van 17 t/m 19 Junie 2011 gehou in die sale van die pragtige Tropentheater in Amsterdam.

Dit is bygewoon deur Fiesta, ‘n program op die kykNET-kanaal, wat die volgende verslag saamgestel het:

Kunstenaars wat in 2011 opgetree het

Bekende name het bygedra om die feesnaweek ‘n groot sukses te maak. Op musikale front was daar onder andere David Kramer, Chris Chameleon, Gert Vlok Nel, Amanda Strydom en D’Low.
Onder die literêre gaste wat die debuutfees bygewoon het was Breyten Breytenbach, Ronelda Kamfer en EKM Dido.

Meer oor die program in 2013, vind jy elders op die webwerf.

Comments

comments