Festival voor het Afrikaans 2013

Die 2013-fees vind plaas vanaf Donderdag 13 Junie by De Melkweg, Amsterdam &                 Vrydag 14 Junie tot en met Sondag 16 Junie 2013 by Theater aan het Spui, Den Haag.

Die fees het ‘n nuwe tuiste gevind by Theater aan het Spui in Den Haag. Hierdie pragtige teater pas perfek by die veelsydige program wat aangebied gaan word.
Die program word boonop ook uitgebrei. Daar sal hierdie jaar ‘n besondere keuse van Afrikaanse films vertoon word en ook kabaret te sien wees!

Per dagdeel maak ons die grootste deel van die program bekend:

Vrydagaand 14 Junie (openingsaand)
Saterdag 15 Junie (dagprogram)
Saterdag 15 Junie (aandprogram)
Sondag 16 Junie (dagprogram)
Sondag 16 Junie (aandprogram)

Kaartjes is beskikbaar op die webwerf en by die kaartjieskantoor van die Theater aan het Spui. As jy buite Nederland woon, kan jy ongelukkig nie aanlyn kaartjies bestel nie. In daardie geval kan jy ‘n e-pos stuur aan Theater aan het Spui (kassa@theateraanhetspui.nl) of hulle bel by (+31 70 346 5272). ‘n Kaartjie is geldig vir ‘n dagdeel. Die middae kos € 17,50 en die aande € 22,50. ‘n Passe-partout vir Saterdag en/of Sondag is beskikbaar teen € 35,00.

Saterdag en Sondag sal daar toepaslike spyseniering teenwoordig wees. Vir middagete en aandete sal (warm) Suid-Afrikaanse kos versorg word deur Suid-Afrikaans Restaurant Tijng Tjing uit Amsterdam.

Comments

comments